Het jy geweet: Die kans om wagwoorde te vergeet, staan in direkte verhouding tot die aantal dekades wat die persoon op aarde asemgehaal het. Daarom skryf 'n groot aantal mense wat 'n papierlose omgewing voorstaan, steeds nuwe wagwoorde in 'n aantekeningboek neer en hou hulle die aantekeningboek op reikafstand van die rekenaar.
VRAAG : Nou is daar ook 'n tweede registrasie, dié by Payfast. Is registrasie by Payfast nodig om by SEKER NISMARK te kan koop? Nee, dit is nie nodig nie. Indien jy EFT transaksies verkies, het niemand enige probleem daarmee nie. By die betaalpunt van SEKER NISMARK betaal jy soos jy verkies:-
VRAAG: Die aflaai van e-boeke is nie iets waarmee ek bekend is nie. Ek is bang ek bestel 'n e-boek en dit werk nie. Ek sou graag eers wou eksperimenteer. Goeie plan. Al wat jy nodig het, is die gratis ADOBE pdf-leser (ADOBE READER). ADOBE READER is ‘n sagtewareprogram wat spesifiek vir die lees van pdf’s ontwerp is. Kliek of dubbel-kliek op die rooi ADOBE READER ikoon onder op ons webblad. Volg die instruksies. OK en Continue en gee heelpad toestemming dat die installeringsproses mag voortgaan. Met dié gratis pdf leser op jou rekenaar se hardeskyf, kan jy enige eboek in pdf formaat lees. Kry jou eenbladsy demonstrasie-eboek nadat jy ADOBE READER installeer het. Kliek op hierdie skakel: ADOBE TOETS Hier is jou eenbladsy pdf eboek nou voor jou. So gaan jou e-boek in pdf formaat na ‘n PAYFAST of EFT transaksie by SEKER NISMARK se betaalpunt by jou aanland. Om e-boeke te stoor waar jy hulle altyd weer kan opspoor 1. Wanneer jy ‘n e-boek aankoop, verskyn daar daar ‘n aktiewe balkie onderaan jou skerm. Daarop sien jy die naam van die eboek, bv: Swart Nag, Rooidag. 2. Op die balkie is daar drie opsies: OPEN SAVE AS ? CANCEL. 3. Kliek op die klein swart driehoekie langs SAVE AS? 4. ‘n Kieslysie verskyn. Een opsie is: SAVE AND OPEN. Nog ‘n opsie is: SAVE AS… Die SAVE AS opsie in die klein kieslys stel jou in staat om jou e-boek in die lêer van jou keuse te stoor. 5. Een goeie plek om te oorweeg, is in MY DOCUMENTS. Kliek dus op MY DOCUMENTS in die groot lys aan die linkerkant van die skerm (waar jy Favourites, Desktop, Libraries, My Documents, Music, Pictures, Videos… sien.) As jy dit in 'n SUB-LêER van MY DOCUMENTS wil stoor, kliek op die sublêer . 6. Tik die naam van die eboek in die balkie by FILE NAME in, bv. Swart Nag, Rooidag. 7. Onder FILE NAME sien jy: SAVE AS TYPE. 8. Kliek op die klein driehoekie regs langs SAVE AS TYPE' en soek in die kieslys totdat jy PDF vind. Kliek op PDF. Kliek dan op SAVE.