Ons hou die inhoud van dié belangrike afdeling verstaanbaar en ondubbelsinnig, want elke klousule hierin raak jou en ons pad met mekaar. Hier is nie fynskrif in lettergrootte 8 nie. Tussen die reëls sal jy niks vind nie.
SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK met sy webwerf, www.seker.co.za en sy aanlynwinkel, SEKER NISMARK, is as ‘n onderneming deur Hennie en Maretha Maartens daargestel en word deur hulle bestuur. Die uitvoerende Bestuurder en Redakteur van die webwerf is Maretha Maartens. Die Administratiewe Bestuurder van a) die webwerf en b) SEKER NISMARK is Hennie Maartens. a.1. DIE BESLOTE KOÖPERASIE Hierdie onderneming is as SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGS-PRODUKTE as beslote koöperasie geregistreer: 2009/220178/23. Registrasie 02/12/2009.
T.O.V. HUB & SPILPUNT , BOONTOE en JY SÊ
d.1.1. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK is verbind tot eerlike en deursigtige sakepraktyk. d.1.2.SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK is daartoe verbind om vir elke kliënt waarde vir sy/haar geld te gee. Om niks aan'nkliënt te verkoop waarin die eienaars van die BK nie self glo of self as goeie waarde en kwaliteit beskou nie. d.2. VERBINTENIS TOT VEILIGE AANLYNHANDEL SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK is verbind tot 'nvolgehoue standaard van risikovrye aanlynhandel. Die praktiese toepassing van die verbintenis tot risikovrye aanlynhandel word gevind in die betalingsopsies wat tot ons kliënte se beskikking is en aan hulle verduidelik word. d.2.1. BETALINGSOPSIES Transaksies met SEKER NISMARK vind op twee maniere plaas. d.2.1.1. Via die derdeparty betalingsprosesserings-deurgangsportaal, PAYFAST, wat rekeninge by die vier grootste banke in SA het en die prosessering van transaksies binne S.A doen. Kliënte buite Suid-Afrika kan ook kredietkaarttransaksies met SEKER NISMARK via PAYFAST doen. Inligting oor Payfast: https://www.payfast.co.za/ d.2.1.2. ELEKTRONIESE BANKREKENING TOT BANKREKENING oorplasing. (Eng: EFT, Electronic Funds Transfer; Afr: EFO, Elektroniese Fondsoordrag). Kliënte wat dié opsie verkies, doen eenmalige oorplasings (once off payments) aan SEKER NISMARK of voeg SEKER NISMARK by hulle lys van begunstigdes (beneficiaries) d.3. DIE BESKERMING VAN SENSITIEWE PERSOONLIKE INLIGTING TYDENS AANLYNTRANSAKSIES. d.3.1. Vir versendings- en afleweringsdoeleindes het SEKER NISMARK'nafleweringsadres nodig. d.3.2. Vir kontak met kliënte het SEKER NISMARK'ne-pos adres nodig. d.3.3. Telefoon/selfoonnommers word ter wille van dienslewering en onvoorsiene omstandighede aangevra. d.3.4. Sensitiewe inligting — kredietkaartbesonderhede, bankbesonderhede ens— van ons aanlynkliënte word nooit deur, by of via SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK. wat sy aanlynbesigheid as SEKER NISMARK binne die www.seker.co.za domein bedryf, ontvang, geregistreer, gesien of in bewaring gehou nie. d.3.5. Sowel die kliënt as die verkoper (SEKER NISMARK) word beskerm deurdat alle transaksies op een van twee maniere plaasvind: d.3.5.1. via die PAYFAST prosesseringsportaal in vennootskap met die vier groot bankgroepe in S.A. of: d.3.5.2. deur die elektroniese bankdiens wat die kliënt vir hom/haarself gekies het en waarmee hy/sy gemaklik is. d.4. BELEID T.O.V. AANKOPE WAARMEE DIE KOPER NIE TEVREDE IS NIE Indien u as kliënt ontevrede is met enige eboek, boek of produk waarop die ME SKANDALIZO ™ handelsmerk verskyn, word die volgende KLAGTEPROSEDURE gevolg: d.4.1. Vul die ME SKANDALIZO klagtevorm in. d.4.2. Kopieer, plak en stuur dit aan na seker7seker@gmail.com Om die ME SKANDALIZO klagtevorm te vind, kliek u op GPS na info en dan weer op VIR U GERIEF. Die klagtevorm is getitel: KLAGTE/ COMPLAINT d.4.3. Indien u 'n beskadigde of defekte produk ontvang het, vervang ons dit. d.4.4. Indien ons 'n fout met die bestelling gemaak het, vra ons verskoning en stel ons dit reg. d.4.5. Indien die kwaliteit van die produk nie ooreenstem met wat ons aan u adverteer of voorgehou het nie, doen ons'nvolle terugbetaling aan die kliënt. d.5. BELEID T.O.V PLASING, ONTTREKKING EN WEIERING VAN ADVERTENSIES OP DIE www.seker.co.za WEBWERF d.5.1. Slegs advertensies van produkte en dienste wat die waardes, doelstellings en gesindheid van die webblad reflekteer, word vir plasing aanvaar. d.5.2. SEKER GEESTELIKE PUBLIKASIES EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK hou die reg voor om advertensies met kennisgewing van redes aan die adverteerder van die webruimte te verwyder. d.5.3. SEKER GEESTELIKE PUBLIKASIES EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK hou die reg voor om advertensies nie vir plasing te aanvaar nie. d.5.4. Advertensies vir produkte en dienste wat binne die volgende raamwerk val, word nie vir plasing op die www.seker.co.za webwerf aanvaar nie: d.5.4.1. aborsiedienste; d.5.4.2. geldmaakskemas en beleggingskemas wat vinnige en maklike welvaart beloof; d.5.4.3. dobbeldienste en dobbelpraktyke; d.5.4.4.. ontmoetings- en verhoudingsgerigte advertensies van enige aard; d.5.4.5. produkte en dienste wat die gesondheid, huweliks-, gesins-; gemeenskaps- en spirituele lewe van die verbruiker negatief kan beïnvloed. d.5.4.6. produkte waarvan die kwaliteit nie deur die verkoper gewaarborg word nie; d.5.4.7. Teologiese, nie-teologiese en ander boeke of publikasies wat die Persoon en leer van Jesus Christus bevraagteken, teëstaan of in diskrediet bring; d.5.4.8. Teologiese, nie-teologiese en ander boeke of publikasies wat die eenheid van die Christelike geloofsgemeenskap versteur of na ons mening skade kan aandoen; d.5.4.7. verslankingsprodukte; d.6. DIE VERANTWOORDELIKHEID VAN DIE ADVERTEERDER Dit is die verantwoordelikheid van die voornemende adverteerder om, in gevalle waar daar onsekerheid aangaande die aanvaarbaarheid van'nbepaalde advertensie bestaan, navraag te doen by seker7seker@gmail.com. d. 7. AANSPREEKLIKHEIDSVRYWARING T.O.V. PRODUKTE WAT OP DIE WEBWERF ADVERTEER WORD d.7.1. Die adverteerder waarborg die integriteit van die diens, die produk en die afleweringsreëlings. d.7.2. Die adverteerder waarborg die egtheid van die advertensie en die kwaliteit van die produk. d.7.3. Die adverteerder waarborg dat geen kopie- of intellektuele eiendomsreg-skending in enige element van die produk of diens ter sprake is nie. d.7.4. Die adverteerder is volledig en enkel aanspreeklik vir elke aspek van sy produk, sy diens, die aflewering en die waarborge wat t.o.v. genoemde gegee word. Ons tree nie toe tot enige dispuut nie en voer geen korrespondensie met enige party daaroor nie. d.7.5. In geval van dispute en regsaksies voortspruitende uit die transaksie tussen adverteerder wat op die webwerf adverteer en die koper van produkte wat geadverteer is/word, aanvaar SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK geen aanspreeklikheid nie. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK se transaksie met die adverteerder begin en eindig by die voorsiening van webbladruimte vir 'n bepaalde tydperk. Ons tree nie toe tot die dispuut nie en voer geen korrespondensie met enige party daaroor nie. d.7.6. Die adverteerder van produkte wat op die webblad geadverteer word, waarborg aflewering van die produk aan die koper wat die produk op grond van die advertensie op die www.seker.co.za webblad bestel het. Die adverteerder is volledig aanspreeklik daarvoor. Ons tree nie toe tot die dispuut nie en voer geen korrespondensie met enige party daaroor nie. d.7.7. In geval van dispute en regsaksies voortspruitende uit enige faset van die transaksie tussen adverteerder wat op die webblad adverteer en koper (t.w. afleweringstyd, foutiewe aflewerings, toestand van die produk by aflewering, kwaliteit van verpakking ens) , aanvaar SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK geen aanspreeklikheid nie. Die adverteerder is volledig aanspreeklik daarvoor. Ons tree nie toe tot die dispuut nie en voer geen korrespondensie met enige party daaroor nie.
Die implementering van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI Act) hou nuwe databeskermingswaarborge vir verbruikers in. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK verwelkom dié aspek van die wetgewing en onderskryf die noodsaak van verbruikersbeskerming deur wetgewing. e.1. Indien SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK u versoek om bepaalde inligting te verskaf, is ons daartoe verbind en volgens wet verplig om:- e.1.1. doel-relevante vrae te vra; e.1.2. duidelik verstaanbare vrae aan u te stel e.1.3. en die inligting op'nwettige wyse te benut. In alle gevalle waar die invul van vorms nodig is, moet u die vrae wat aan u gestel word, aan hierdie kriteria toets. e.2. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK verbind hom daartoe om nie inbreuk op u privaatheid en die inbus van u PC te maak deur massapos waartoe u as ontvanger nie toestemming verleen het, aan u te versend nie. e.3. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK verbind hom daartoe om algemene en spesifieke inligting wat van u bekom word, aan geen ander party, individu, navorser, besigheid, organisasie of instansie te voorsien nie. e.4. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK verskaf u adres en kontakbesonderhede aan niemand nie. Indien iemand via ons met u in aanraking wil kom, sal u ‘n skrywe daaromtrent ontvang en wag ons op u opdrag in die verband. e.5. Ons sal u nooit vra in watter inkomste-, kulturele-, etniese-, politieke- of godsdienstige groep u val of wat u seksuele oriëntasie is nie. e.6. Ter wille van die relevansie van die inhoud op die webwerf, wil ons graag weet in watter provinsie of land u woon en leef, wat u huwelikstatus is, in watter ouderdomsgroep u val, of u'nman of vrou is, wat u van bepaalde sake dink. Indien u versoek word om op vrae of opnames in dié verband te reageer, is u onder geen verpligting om die vrae te beantwoord nie.
In die afdeling, VERNIET op die www.seker.co.za webwerf word bruikbare materiaal gratis tot beskikking van die webwerfgemeenskap, kerke, skole en gemeenskapsbedieninge gestel. f.1. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK, die eienaar van die materiaal, aan gee aan webwerfbesoekers toestemming om die materiaal wat in VERNIET gevind word, af te laai, te gebruik, aan te stuur en te benut. f.1.1. Vir persoonlike gebruik van genoemde materiaal is die toestemming onvoorwaardelik. Webwerfbesoekers mag enige hoeveelheid materiaal in die VERNIET-afdeling aflaai vir persoonlike gebruik. f.1.2. Vir wyer nie-kommersiële gebruik is die toestemming voorwaardelik. f.1.2.1. Webwerfbesoekers mag soveel materiaal as wat hulle uit die VERNIET-afdeling nodig het, aflaai vir nie-kommersiële gebruik in die kerk, in die klaskamer, in hospitale, tronke, Bybelstudiegroepe, bedieninge, uitreike, gemeenskapsprojekte ens. f.1.2.2. Webwerfbesoekers mag soveel reproduksies in enige medium van die afgelaaide materiaal maak as wat hulle nodig het op voorwaarde dat hulle dit nie-kommersieel benut. f.1.2.3. Webwerfbesoekers mag VERNIET-materiaal of verwerkings daarvan nie verkoop nie. f.1.2.4. In geval van reproduksiekoste van SEKER se VERNIET- materiaal is, mag slegs die reproduksiekoste van ander verhaal word. f.1.2.5. Die volgende onderskrif wat by die materiaal verskyn, moet duidelik leesbaar en sigbaar behou bly by alle reproduksies van VERNIET-materiaal wat benut word in Bybelstudiegroepe, gemeenskapsprojekte en gemeentes: Vergunningsmateriaal van SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK. Webwerf: www.seker.co.za; E-pos: seker7seker@gmail.com. Slegs vir nie-kommersiële gebruik. By courtesy of SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK. Website: www.seker.co.za; Email: seker7seker@gmail.com. For non-commercial use only. f.2. SEKER SE VERGUNNINGSMATERIAAL IN DIE KLASKAMER f.2.1. In skole en klaskamers mag hierdie webwerf se vergunningsmateriaal in intern saamgestelde handboeke, leerhulpmiddels of onderrigmateriaal gebruik en aan leerders beskikbaar gestel word sonder skriftelike toestemming van SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK indien die volgende voorwaarde nagekom word: f.2.1. Die vergunningsmateriaal mag nie verhandel word nie. Kontak ons by seker7seker@gmail.com vir kommunikasie oor SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as jou vennoot in die klaskamer.
Ongemagtigde kommersiële gebruik is om geld te maak of te probeer geld maak uit die aanwending, reprodusering of verwerking van enige materiaal wat op die webwerf, www.seker.co.za verskyn. Dit geld vir: g.1. SEKER se vergunningsmateriaal; g.2. materiaal op die www.seker.co.za webwerf wat nie in die VERNIET-afdeling by wyse van vergunning gratis beskikbaar gestel word nie; g.3. Materiaal van eksterne bydraers wat inhoud in enige vorm of medium in die JY-SÊ afdeling daarstel; g.4. materiaal van eksterne bydraers /aksies/instansies wat inhoud in enige vorm of medium in die HUB&SPILPUNT- en BOONTOE afdelings daarstel. Hierdie webwerf straal hulpvaardigheid, mededeelsaamheid, goedgesindheid en vertroue in ons medemens uit. Maar die prokureur van wie ons van dag een af kliënte is spesialiseer in intellektuele eiendoms- en kopiereg. Ten opsigte van die onregmatige gebruik van die materiaal wat op hierdie webwerf verskyn, is ons meedoënloos. Ons is dié gebrek aan medelye met plagiaat en die skending van kopie- en intellektuele eiendomsreg verskuldig aan ons webwerffamilie en aan die mediagemeenskap wat Christelike waardes onderskryf.
h.1. Wanneer 'n skrywer 'n artikel skryf, 'n fotograaf'nfoto neem en publiseer en jy'nlied/musiek komponeer of'ndigitale opname maak en in die kuberruim daarstel, het elkeen wat so-iets geskep en dit sigbaar, leesbaar, hoorbaar en tasbaar daargestel het, outomaties kopiereg op sy/haar werk, selfs al is die ©-simbool nie daarby aangebring nie. Daarom het elkeen wat sy/haar woorde, video’s, foto’s, getuienis en bydraes op ons webwerf aan die orde laat kom, kopiereg op sy/haar bydrae. INFORMATIEF Kopiereg op enigiets het te make met die manier waarop die produk waarneembaar en konkreet daargestel (geskryf, uitgevoer, gemaak ) is. Kopiereg bestaan nie op idees nie. As jy 'n idee met iemand deel en hy/sy jou idee voor jou in iets konkreets omskep, kan jy nie'nsaak teen hom/haar maak omdat hy/sy jou idee gesteel het nie. Daarom moet jy sorg dat jy enige idee wat in jou leef, soos goud in'nkluis bewaar en slegs met betroubare persone deel. Kopiereg geld slegs vir wat sigbaar, leesbaar, voelbaar, tasbaar en sintuiglik waarneembaar daargestel is. Die doel heilig nooit die middele nie waar kopieregskending plaasvind nie. GEE inhoud wat jou eie is, vir die www.seker.co.za webwerf vir publikasie. NEEM inhoud van die www.seker.co.za webwerf soos aan jou toegestaan en vergun. h.2. Hierdie webwerf straal hulpvaardigheid, mededeelsaamheid, goedgesindheid en vertroue in ons medemens uit. Maar die prokureur van wie ons van dag een af kliënte is spesialiseer in intellektuele eiendoms- en kopiereg. Ten opsigte van die onregmatige gebruik van die materiaal wat op hierdie webwerf verskyn, is ons meedoënloos. Ons is dié gebrek aan medelye met plagiaat en die skending van kopie- en intellektuele eiendomsreg verskuldig aan ons webwerffamilie en aan die mediagemeenskap wat Christelike waardes onderskryf. h.3. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as regspersoon en Hennie en Maretha Maartens in persoonlike hoedanigheid verbind hulle tot etiese omgang met die intellektuele eiendom, konsepte en idees van ander. h.4. Alhoewel intellektuele eiendomsreg nie van toepassing is op idees nie, verbind SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as regspersoon en Hennie en Maretha Maartens in persoonlike hoedanigheid hulle daartoe om ander se idees en konsepte op geen wyse vir eie gewin aan te wend nie. h.5. Ten einde ander se intellektuele eiendom op www.seker.co.za so goed soos ons eie te beskerm, konstateer en plaas SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK gebruiksvoorwaardes en verbodsbepalings toe t.o.v. alle materiaal —dié wat ons self skep en dié wat ons vir plasing in die JY SÊ, HUB & SPILPUNT en BOONTOE afdelings ontvang. h.6. Ons verbind ons daartoe om inhoud wat op www.seker.co.za daargestel word, so noukeurig moontlik vir enige vorm van plagiaat en kopieregskending te fynkam. Die verantwoordelikheid om nie plagiaat te pleeg en kopiereg te skend nie, berus egter uitsluitlik by die persoon wat inhoud en materiaal aan SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK aanbied. h.7. Die verantwoordelikheid om erkenning aan outeurs, liriekskrywers en die daarstellers van enige inhoud wat nie self geskep is nie, te gee, berus ewe volledig by die persoon wat inhoud en materiaal aan SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK vir plasing in die JY SÊ,HUB& SPILPUNT en BOONTOE afdelings van die www.seker.co.za webwerf aanbied. h.8. Indien bronne nie vermeld en outeurskappe nie erken word nie en indien kopieregskending of plagiaat plaasgevind het, aanvaar a) SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as regspersoon en b) Hennie en Maretha Maartens in persoonlike hoedanigheid geen aanspreeklikheid vir en tree hulle nie toe tot gedinge, regsaksies en dispute rakende plagiaat, kopieregskending en die ongemagtigde gebruik/reproduksie van inhoud in welke medium ook al nie.
i.1. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as regspersoon en Hennie en Maretha Maartens in persoonlike hoedanigheid aanvaar geen aanspreeklikheid vir en tree nie toe tot gedinge, regsaksies en dispute rakende naamskending, saakbeskadiging of enige ander vorm van benadeling waarby webwerfbesoekers, daarstellers van inhoud, instansies, rolspelers in diensaksies en bedieninge met enige party betrokke is of betrokke kan raak nie. i.2. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as regspersoon en Hennie en Maretha Maartens in persoonlike hoedanigheid aanvaar geen aanspreeklikheid vir en tree nie toe tot gedinge, regsaksies en dispute rakende naamskending, saakbeskadiging of enige ander vorm van benadeling voortspruitende uit inskrywings van www.seker.co.za besoekers op FACEBOOK, TWITTER en enige ander praktyk en vorm van interaktiewe kommunikasie via die sosiale, digitale of elektroniese media. i.3. SEKER GEESTELIKE LEKTUUR EN TOERUSTINGSPRODUKTE BK as regspersoon en Hennie en Maretha Maartens in persoonlike hoedanigheid aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade, verlies, benadeling of leed waarvoor enige webwerf waarmee www.seker.co.za geskakel is op welke wyse ook al verantwoordelik is of aanspreeklik gehou sou kan word nie. Baie dankie dat jy hierdie belangrike stuk deurgelees het. En welkom op ons webwerf. Hennie en Maretha Maartens, 24 Januarie 2013.