Haggai 2:4 "....SKEP MOED, JULLE ALMAL,...SPREEK DIE HERE, EN WERK! WANT EK IS MET JULLE..." Kan jy dink wat hierdie woorde uit Gods Woord vir ons beteken het die week? Wat 'n wonderlike inspirasie terwyl staf en studente so stuk-stuk inkom. Groot vreugde...veral oor elke nuwe eerstejaar!! Ook blydskap oor iemand wat 'n bees geskenk het!!
KOORSANG: Al drie jaargroepe het hard en vinnig geoefen (min tyd!!).. en hoe aangenaam verras was ons met al die talent...veral van die basse wat gedreun het, tydens 'n oggenddiens toe aldrie groepe elk 'n lied gesing het. Die beoordelaar het die eerstejaars se uitbundige vreugdesang as die beste bekroon!
VAS EN BID: Bishop Adane en sy span van vier wat op meesterlike wyse ons WEEK VAN GEBED aangebied het, het heelweek gevas en gebid! Wat 'n voorbeeld! Die studente kon nie uitgepraat raak oor die seën ontvang nie!! Bid asb vir vele studente nog oppad!!
PREEK: Ds Pieter Malherbe het ons harte aangegryp met sy preek oor die volle wapenrusting!
KONSTRUKSIE: OUDITORIUM:
Desemba en sy span het begin met die vloer van die langverwagte saal!! Loof die Here vir twee verskillende donateurs wat elk R10 000 geskenk het. "Here, ons staan op ons knieë om dankie te sê en needrig te vra vir die miljoen rand benodig om te voltooi. U is die Almagtige versorgende Vader!"
VERLORENES: Toe Elreza die week een oggend die boodskap gebring het oor: TWEE KEUSES....TWEE EWIGE BESTEMMINGS het een student kom sê dat hy JESUS as Verlosser ontmoet het. Bid asb vir Frans om te volhard!!
VOORBIDDING: Die bakkie se battery het gekalf.. die waterpomp sukkel om die reservoir vol te kry.....ens ens!!Nogtans...... Mag God die boodskap by Badplaas bevestig...Mag God self elke student en staflid veilig bring....en ons sendelinge versorg...Mag ons groenteplantjies van iewers ontvang...Mag ons 31 varkies gou vet genoeg wees en verkoop ....Mag vele verlorenes inkom vanjaar!
Opregte liefde en groot waardering vir elke stukkie liefde en elke sent ontvang uit omgee harte!!
AFRIKA VIR JESUS!!!
Shai en Elreza Mulder en die hele BBM familie. +27 833 066 323. "MY GENADE ÍS VIR JOU GENOEG!"2 Kor 12:9
www.bbmission.org
Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa • Click here to unsubscribe.
'
.