DIE GODSTAD EN SY BEWONERS
In Openbaring 21, die voorlaaste hoofstuk in die Bybel, die slotgedeelte van die Troonpredikasie aan die Kerk van alle eeue, sien die KERK iets so onbeskryflik heerlik dat alles in ons as lede van Christus uitroep:
Op 5:11-14: Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge 'n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor uitroep: "Die Lam wat geslag was, is waardig om die mag en rykdom, die wysheid en sterkte, die eer, heerlikheid en lof te ontvang." Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê: "Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam, behoort die lof en die eer, die heerlikheid en die krag, tot in alle ewigheid." Die vier lewende wesens het gesê: "Amen!" En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.
In Openbaring 21, die slotgedeelte van die groot onthullingsprofesie oor die toekoms wat Jesus deur die oop deur in die hemel aan sy Kerk gee, ontvang die KERK van Jesus Christus ‘n visioen van die plek waar elkeen van ons die ewigheid gaan deurbring. Elkeen wat in Christus is en in Christus bly, gaan deur die liefde en genade van die Drie-enige God wat die enigste verlossingsplan vir sondaars konseptualiseer en uitgevoer het, vir altyd hier leef.
Omdat die LAM van God, Jesus Christus, tot die einde toe in die Goddelike Verlossingsplan volhard het, gekruisig is, gesterf het, dood was, uit die dood opgewek is, teruggegaan het na die hemel en sy Heilige Gees vir ons gegee het om ons in alle waarheid te lei, is DIT die eindbestemming van ons lewensreis.
DIE STAD, DIE NUWE JERUSALEM
Openbaring 21:2 En ek het die heilige stad, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos 'n bruid wat vir haar man versier is.
Openbaring 21:10 Ek is toe deur die Gees meegevoer en die engel het my na 'n groot hoë berg toe geneem en die heilige stad Jerusalem vir my gewys, wat van God af uit die hemel uit afkom.
Openbaring 21:11 Die stad het die heerlikheid van God: sy glans is soos dié van die kosbaarste edelsteen, soos 'n kristalhelder opaal.
Openbaring 21:12 Die stad het 'n groot hoë muur met twaalf poorte. By die poorte is daar twaalf engele, en op die poorte is daar name geskrywe, dié van die twaalf stamme van die volk Israel.
Openbaring 21:21 Die twaalf poorte is twaalf pêrels. Elkeen van die poorte is uit een pêrel gemaak. Die strate van die stad is van suiwer goud, blink soos 'n spieël.
Openbaring 21:22 'n Tempel het ek nie in die stad gesien nie, want sy tempel is die Here God, die Almagtige, en die Lam.
Openbaring 21:23 Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.
Openbaring 21:27 Niks onreins en niemand wat iets losbandigs en vals doen, sal ooit daarin kom nie, maar net dié wie se name in die boek van die lewe, die boek van die Lam geskrywe staan.
DIE BEWONERS VAN DIE GODSTAD IS BY ABBA en HY BY HULLE
Openbaring 21:6-7: Verder sê Hy vir my: "Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. *Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water van die lewe, verniet. *Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees*.
NLV met Toeligting, Openbaring 21:6-7: 6Verder het Hy vir my gesê: “Dit (Die verlossingsplan, die ou bedeling van Kerk en aarde) is afgehandel. [Joh 19:30; Op 10:5-7; 16:17] Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. [Op 1:8; 22:13] 7Die een (Elke gelowige) wat aanhou oorwin, [Op 2:11; 17, 24-26] sal hierdie dinge erf, en Ek sal vir hom God wees en hy sal vir My ’n kind wees. [Sag 8:8; Rom 8:15-17]
Die nuwe hemel en die nuwe aarde is die bestemming waar ons nie slegs deur die Gees (soos hier van die aarde af) ABBA!, dit is Vader! sal uitroep nie. Daar sal ons by ons Vader wees, by ons God, by ABBA, sy seuns en dogters by HOM.
So sê Christus in die Troonpredikasie vir sy liggaam op aarde:
*Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees*.
Só is dit nou met die kinders van die Vader, ABBA se kinders hier op die aarde:
Rom 8:15-16 Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons (hier op aarde) tot God laat roep: "Abba!" Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig (nou, terwyl ons nog so spartel en spook en baie trane stort en sy genade in siekte en trauma so nodig het) saam met ons gees dat ons kinders van God is.
Maar hier het ons reeds die belofte, hier op die aarde: Rom 8:17 En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.
DIE BEWONERS VAN DIE GODSTAD ONTVANG HULLE ERFENIS
Die nuwe hemel en die nuwe aarde is die beloftebestemming van elkeen wat in Christus bly en nog nie regtig ‘n idee van ons erfporsie saam met Christus het nie.
Daar is ‘n erfenis, daar is iets ondenkbaars wat op elkeen wag wat in Jesus Christus verlossing ontvang het en in Hom bly asof sy/haar lewe van Hom alleen afhang. Want ons lewe HANG VAN HOM ALLEEN af. Hy alleen is die weg en die waarheid en die lewe. Hy alleen is die opstanding en die lewe. Hy alleen bemagtig ons met sy Gees. Hy alleen is die Hoof van die Kerk hier op aarde. HY ALLEEN bewaar die erfenis wat ons NIE verdien nie, die erfporsie wat HY vir ons verdien het, vir ons, vir wanneer ons by die nuwe Jerusalem aankom.
Kom ons lees van die erfenis wat op jou wag. Op my. Op elkeen wat in Christus bly:
Ons verdien hierdie erfenis nie. Ons is gered, die bloed van die LAM is gegee om dit vir ons te koop. Ons word uit God se vrye genade en onbegryplike liefde hemel toe geneem om dit in ontvangs te gaan neem en ewig tot sy eer te gaan geniet.
“NIKS KAN VERVELIGER WEES NIE...”
En nou kan ons by daardie totaal menslike gesprek uitkom, nou, in die lig hiervan, kan ons ons eie bedenkinge ook deurwerk:
Het jy mense ook al hoor sê: ‘’’n Hele ewigheid van lofprysing, ‘n hele ewigheid van halleluja’s, ‘n hele ewigheid van blydskap en vreugde...’’ That, my dear, is a pie in the sky, one day when you die. Want niks, absouluut niks, kan verveliger wees nie.”
Ja, hier praat ons nog die taal van torre en spinnekoppe en miere.
As hulle na ons, die hoër wesens sou kyk (en hulle is so happy in wat hulle doen en eet en vang, hulle soort bestaan), kan hulle hulle nie ons hoër bestaan met ons baie tale, ons denkprosesse en ons soort ideale, ja, selfs ons aardse lofprysing aan God indink nie. Want hulle is (nog) nie so nie.
Van ons sê die Skrif:
1 Kor 15:51-53: Kyk, ek maak 'n geheimenis aan julle bekend: Ons sal nie almal sterwe nie, maar ons sal almal verander word. By die laaste trompet sal dit in 'n oomblik, in 'n oogknip gebeur, want die trompet sal weerklink, en die dooies sal as onverganklikes opgewek word, en ons sal verander word. Hierdie verganklike liggaam moet met die onverganklike beklee word, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike.
In totaal veranderde liggame, in ‘n volmaak geheiligde denksisteem, gees, siel, verstand en wil, sal ons as nuut-beliggaamde hemelinge voor ABBA staan, voor Christus wat ons erfenis vir ons met sy bloed gekoop het, voor die gekruisigde HEER, en kyk, Hy leef en regeer... en daar sal nie meer onheilig en opstandig verdeelde harte en verdeelde prioriteite, valsheid en louheid in die nuwe hemel en aarde wees nie.
Onheilige en rebelse eiebelang sal nie meer voor ABBA, ons Vader, bestaan nie.
Afvalligheid sal vir ewig uit die wil, die denke, die hart en die gees van die uitverkorenes in die Teenwoordigheid van die God van liefde verdwyn.
Ons sal in die teenwoordigheid van die Drie-enige God nie meer begeer om te doen wat ons ou natuur op aarde, toe ons nog insekte was, gedoen nie.
Ons sal in die huis van ons Vader, ABBA vir ons deur Jesus Christus, geen stryd meer met versoekings en aanslae van die Satan (wat in die poel van vuur is), die (vergane ou) wêreld en ons vernietigde ou natuur hê nie.
DIÉ WAT NOOIT IN DIE LEWE Ná HIERDIE LEWE TOEGANG TOT EN VERBLYFREG IN DIE GODSTAD SAL Hê NIE:
Openbaring 21:8 Maar *dié wat bang en ontrou geword het*, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood."
8“Maar vir die oneerlikes (leuenagtige lafhartiges), *onbetroubares (dié wat geloof en volharding prysgee)*, [Luk 7:23; Op 17:14] korruptes, moordenaars, persone wat seksuele sondes doen, towenaars, afgodsdienaars en al die leuenaars wag die poel wat met vuur en swael brand (die verdoemenis, ewige liggaamlike en geestelike lyding). [Mark 9:43-48; Op 14:10-11] Dit is die tweede dood (ná die aardse dood).”
En daarom lees ons nou HEBREËRS 10, daardie ontsettende vermaning tot volharding in die konflik tussen heiligmaking en afvalligheid, daardie ontsettende vermaning om in die konflik teen die sonde te volhard.
Want presies hier, hier waar ons die eindbestemming van elkeen sien wat in Christus bly, presies hier pas Hebreërs 10 in:
Heb 10:14 Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.
Heb 10:15 Ook die Heilige Gees betuig dit aan ons. Eers sê Hy:
Heb 10:16 "Dit is die verbond wat Ek met hulle na daardie dae sal sluit, sê die Here. Ek sal hulle my wette in die hart gee, in hulle verstand sal Ek dit skrywe."
Heb 10:17 Dan sê Hy verder: "Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie."
Heb 10:18 Waar die sondes vergewe is, is geen offer daarvoor meer nodig nie.
Heb 10:19 Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom,
Heb 10:20 en dit op 'n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam.
Heb 10:21 En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het,
Heb 10:22 laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water.
Heb 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
Heb 10:24 Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade.
Heb 10:25 Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.
Heb 10:26 Wanneer ons opsetlik bly sondig nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, is daar geen offer meer wat ons sondes kan wegneem nie.
Heb 10:27 Daar bly alleen 'n verskriklike verwagting oor van oordeel en 'n gloeiende vuur wat die teenstanders van God sal verteer.
Heb 10:28 As iemand die wet van Moses oortree, en twee of drie getuies bevestig dit, word hy nie begenadig nie, hy word doodgemaak.
Heb 10:29 Hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy kry wat die Seun van God verag het, die bloed van die verbond waardeur hy geheilig is, geminag het en die Gees van genade beledig het?
PAASFEES in SKRIFLIG: hierdie keer uit Openbaring 20
Genade in en deur Jesus Christus alleen.
Oordeel as gevolg van Jesus Christus