Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Fil 1:3
Posted on Monday, October 15, 2018
 

Fil 1:3 "EK DANK MY GOD ELKE KEER AS EK AAN JULLE DINK." VERS 6 "EK IS VERAL OOK DAARVAN OORTUIG DAT GOD,  WAT DIE GOEIE WERK IN JULLE BEGIN HET, DIT END-UIT SAL VOER EN DIT SÁL VOLEINDIG..." Dit is die woorde waarmee Past James Soko, 'n oud-student, ons hierdie week kom bemoedig het. Bid asb saam oor watter broodnodige nuwe personeel by ons moet aansluit, gekies en gestuur deur die Here self!

WENPAAL: Ons almal is so bewus daarvan dat ons einde van hierdie jaar binne 7 weke  'n werklikheid sal wees. Hierdie week is die CD opname...na al die urelange geoefen! Ons bid dat die Here dit wêreldwyd, ook by ons sendelinge, sal gebruik! Graag nooi ons jou baie hartlik uit na die vreugdevolle

CAROLS BY CANDLELIGHT 

FRIDAY 16 NOV 6PM  

HERE @ BACK TO THE BIBLE MISSION CAMPUS!! RSVP 0833066323

VLEIS: Jy het saam met ons gebid en ons Vader het nie vir ons klippe of slange gegee nie...Hy het méér as brood gegee!! Thinus Herman, die week se dosent met JOB,  het genoeg wors en maalvleis van die Rooihuiskraal Gereformeerde Gemeente gebring sodat met ons knap logistieke dame, Mama Muchanyara, se fyn beplanning, ONS GENOEG VLEIS HET VIR DIE 7 WEKE  wat nog voorlê totdat ons sluit! Loof ons versorgende God wat vir elke mossie sorg en ook vir ons, Sy kinders! Ons is innig dankbaar!!

KLERE: Thinus het ook 'n sleepwa propvol klere gebring wat ons met vreugde ontvang en uitgedeel het! Elke personeellid en student kon 'n hele paar goeie kledingstukke ontvang!   Mag God élkeen seën wat so ruim gegee het!

DOSENTE: Die ander dosente van die week was Ds Christo Brummer wat JEREMIAH en Rev Ian Chapotera wat EZEKIEL op 'n besondere manier aangebied en voorgeleef het.

STUDENTERAAD: Hulle vervul steeds hulle pligte deur studente te begelei om betyds te wees, om hard te studeer, om karakterbou te beleef en om gereed te wees om mense na Jesus te lei. Ons prys die Here vir die oes wat ingebring word! Verder vertrou ons die Here vir die nuwe 12 SR lede wat binnekort verkies sal word.

VOORBIDDING: Ons weet jy kniel saam met ons voor die Troon van God se genade vir

* Genoeg fondse dat die Ouditorium tog nou asseblief kan klaarkom sodat ons die

PASTORAL COMMISSIONING OP SAT 1 DES OM 10VM  daar in kan hou!!!!!!!

* 60 nuwe studente vir 2019...geroep en gestuur en finansieel voorsien deur die Allerhoogste Lewende God

* Die beskerming deur ons soewereine God deur Sy engele, die bloed van die Lam en die woord van ons getuienis!

Met liefde en groot waardering dat jy deel van ons lewe is!

Shai, Elreza en élke dankbare BBM familielid!

Webwerf: www.bbmission.org

"DIE HERE SÁL VOORSIEN!!!!"

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa • Click here to unsubscribe.


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2018 Seker.co.za
Chillies