Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

BID EN VIR JULLE SAL GEGEE WORD.
Posted on Thursday, 28 May 2020
 

"Bid en vir jou sál gegee word...." Mat 7:7

"Elke aand en more en middag,  sal ek bid en hardop roep en Hy sal my stem hoor!" Ps 55:17

 

LOFPRYSING: Ons Almagtige Here is besig om ons gebede te verhoor en ons harte juig! President  Cyril Ramaphosa het op TV aangekondig dat:

** 31 Mei 'n nasionale Dag van Gebed sal wees!

** Die kerke open ook op daardie dag!

** Fisiese onderrig, kan open op 1 Julie 2020! Ons wag vir fynere detail.

 

VOORBIDDING ASB! Ons steun op u voortdurende gebede vir ons almal hier by BBM terwyl ons drie weke het om elke gebou, elke huis en kamer  behoorlik te ontsmet en ook dat ons genoeg benodigdhede sal ontvang om dit deeglik te kan doen en veilig te wees. Die Terblanché-familie het reeds een groot kan ontmettingsmiddel geskenk, asook broodnodige rys en bone!  Loof d Here!  Laat weet asseblief as jy kan help! Ons wil graag alle regeringsvoorskrifte stiptelik nakom!

 

KAAPSERIVIER! Dié week het 'n krokodil 'n benoud-bulkende bees onder die water ingetrek net hier onderkant die huis terwyl hulle kom water drink het! Hier woon ook ten minste twee seekoeie.....ons eie wildtuin langs die huis!

 

GESONDHEID: Dan versoek ons gebede vir elkeen wat vanoor die land sal huis toe kom na BBM, vir die beskerming van hulle gesondheid, ASSEBLIEF!! Ons verwag DV 60  personeellede en studente...slegs vier uit die buiteland. Asb bid vir reisgenade en hulle R5000 vir die jaar vir Losies en Inwoninggelde, ASSEBLIEF!

 

KOMBUIS PERSONEEL: Ons steun steeds op u saambid vir die aan- en inpassing van personeel in nuwe poste: Mama Muchanyara  Mahenga en Jenny Murakata in die Studentekombuis; Lucille Stassen en Nellie Khosa in die Personeelkombuis, Olga Thabethe in die Hoofhuis en  Patience Shanga by Gasvryheidsbediening en kantore. Baie dankie, ons weet jy kniel langs ons!

 

JUANITA DUNN: Ons dank ons Vader dat sy die week terugkom na BBM na 'n hele maand in die hospitaal om haar medikasie saam te stel en bloedoortappings te ontvang! Dra haar asseblief steeds in gebed! Sy is so knap in haar Gasvryheidsbediening!

 

KLASGEE: Die afgelope week, deur middel van WhatsApp afstandsonderrig,  kon Revs Benson Sachingezhi: Song of Songs; Benard Zulu: Lamentations en Bridget Munyasia: Esther aanbied vir ons +- 90 studente. Ons is dankbaar verras dat die meeste studente betyds hulle Werkopdragte en Preke kon inlewer! BBM is bekend dwarsdeur Afrika dat o.a. élke Bybelboek aangebied word met klem op prediking!

 

ANGUS BUCHAN: Tydens die globale uitsending Saterdag met 'n eenvoudige, maar uitdagende Bybelboodskap het ons so bewus geword van mense se harte - honger na Godgegewe herlewing! Vanoor die hele wêreld het gebedsversoeke en lofprysinge  ingestroom!

 

PINKSTERDIENSTE: Wat 'n geweldige seën is die baie uitsendings vanoor Suid-Afrika  die afgelope week tydens die jaarlikse Pinksterdienste! Mag ons hemelse Vader Sy Pinksterseën oor ons hele land gebied!

 

VOORBIDDING: Ons waardeer uit ons hart jou saambid en stry vir ons fisiese, emosionele en ook geestelike behoeftes. LAAT WEET GERUS JOU NOOD EN SMEEKBEDES?? Dis ons voorreg om ook vir jou en jou kosbare gesin voor die lewe-gewende God in te tree! Mag Hy jou dra deur elke donker vallei!

 

Sterkte vir jou met die ysige weer! Mag jou hart warm klop vir ons Koning en Sy koninkryk! Saam op pad na die hemelstad!!

 

Shai en Elreza Mulder, die Uitvoerende Komitee, Studenteraad, Direksie en al ons geliefde studente!

" Aan hulle vrugte sal julle hulle ken!" Mat 7:16

Webwerf: www.bbmission.co.za, Fb: Back to the Bible Missions 

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa • 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies