Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste


Posted on Friday, 03 July 2020
 

Ps103:13 "Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders, só ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien en liefhet!"  Hoe veilig en gelukkig laat dit ons wat uit genade gered is, voel! Ons hét 'n hemelse Vader wat ons innig liefhet en wat sorg vir ons, ook in hierdie grendelstaat!

 

GEBOORTE: Op Dinsdag 30 Junie laat aand is VICTORIA KILAKA in Elreza se Bantambakkie (geskenk  deur Ben Theron  'n paar jaar gelede) op pad hospitaal toe, gebore! Shai en Elreza kon haar Woensdag gaan haal! Groot vreugde! Haar pa is die BBM Missions Dept se Administrateur: besonder knap!

 

60 STUDENTE/PERSONEEL VRY: Dit is 'n groot verligting vir hulle wat vir 2 weke onder kwarantyn was om nou"vry" te kon beweeg, MAAR niemand mag by die hek uitgaan of inkom nie, behalwe om kos te gaan haal of hospitaal/kliniek toe te gaan met spesiale toestemming, derhalwe begin ons nou weer om 'n snoepie aan te hou, veral vir lugtyd, lekkers en brood, ens. 

 

VURIGE GEBEDE: Klein groepies kom gedurig bymekaar vir gebed. Een aand was die Etiopiërs in volle sterkte in die Nuwe Jerusalem huis bymekaar en het hul saamgebid vir elke nood hier. Ook Zimbabwiërs en Tanzaniërs kom graag in groepies bid, soms onder ons Gebeds Wildevyeboom. Dankie Here vir hulle passie en geloof! Ons het veral op ons almal se kinders gefokus die week en dit was wonderlik om mekaar se laste na Jesus Christus te dra!!

 

FAKULTEITS-VERGADERING: Ons kon die hele nuwe program uitpluis: die kurrikulum wat nou op Bybelboeke fokus, die dosente wat nou slegs uit ons eie personeel bestaan agv die pandemie. ...die Oggend Godsdiens waar ons nou drie predikers, drie seremoniemeesters, drie

 "Three Fold Prayers "veral vir ons kosbare sendelinge, ingedeel het, is nogal 'n aanpassing!! En ons mag nie sing nie.... Dosente wat bereid is om 2 weke kwarantyn hier by ons uit te dien en daarna klas gee, is hartlik welkom. Laat weet ASB as jy kans sien!!!!

 

TIKWERK: Elreza probeer haar bes om die boek: "WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION... 30 years of God's grace.." te tik, so tussen al die verpligtinge deur. Dis 'n groot voorreg vir Shai om dit saam met Elreza te doen.  Mag die boek tot seën wees!

 

TERBLANCHÉ FAMILIE: Hulle het verlede naweek vragte rys, 'n klompie bone, blikke kos en saniteringsmiddele spesiaal gebring. Johan help ook met die kosteberaming van die herbou van die kapél tot 'n biblioteek. ONS BID EN SOEK STEEDS  DRINGEND NA 'N KNAP BOUER! Laat weet asb as jy van iemand weet!

Ons het heerlik saamgeëet en saamgelag en saamgebid!

 

VOORBIDDING ASSEBLIEF: 

**Mag ons gesond bly!!

**Studente smeek om énige werk te doen as ons tog net kan help met die R5000 Losies en Inwoning geld wat voor 15 Aug 2020 betaal moet word. Drie nuwe mense het die maand inbetaal, naamloos!!! LOOF ONS WONDERBARE GOD wat harte aanraak!!!

**Ons is dankbaar dat ons weer boodskappe kan bring smôrens by die Suid Afrikaanse Polisie in Barberton. Mag dit tot ryke seen en bemoediging wees!

** Mag ons almal hier in die Vallei groei in liefde, geloof en gebed.

**Die Here seën jou met Sy Vaderliefde en vrede!

 

Liefdewense en "Hou jou oë op Jesus!!" dan bly jy bo-op die woeste lewensstorms!!

Shai, Elreza en ons almal by BBM.

 

www.bbmission.co.za 

+27 833 066 323

 

Bankinfo: Back to the Bible

Barberton 

FNB 51600018323

Tjekrekening 

Takkode: 270152 

Swift Kode: FIRNZAJJXXX

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies