Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

DIE HERE STRAF EN TUGTIG DIE MENS
Posted on Monday, 10 August 2020
 

Spr 3:12 "...die Here straf (tugtig) die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun."

Soms is die straf pynlik en vernederend, maar uiteindelik lewer dit uitstekende vrug! Here, gee my asseblief geduld!

 

**PREKE: Elke week word by die drie jaargroepe  deur 5 mense gepreek. 15 preke word dus gelewer! Ons leer bymekaar en groei geestelik!

 

**DORP TOE: Studente is báie dankbaar dat die kombi een of tweekeer per week die geleentheid bied om by die hospitaal/kliniek, die bank of waar kos gekoop kan word uit te kom.. terwyl die reëls streng nagekom word. Dit help beslis met die frustrasies wat die inperking bring!! Een sendeling het weer 50 maskers gemaak en gestuur!

 

**BIDURE: Oral is daar groepies wat met handhawing van afstand, saambid vir herlewing en geestelike vrugte tot vreugde van ons Here Jesus. Elreza en die Gebedsgroep bid daagliks na middagete vir 'n uur lank! Ons glo: GEBED VERANDER SAKE EN MENSE!

 

KOS & ANDER VOORSIENING: Die week het ons weer mieliemeel en semels as geskenk ontvang van die Rollermeule, Carolina!

Aartappels en tamaties en uie het ook gekom van Nelspruit.

Twee gemeentes het broodgeld gestuur tot ons groot dankbaarheid! Die groentetuine en makadamiaboord floreer danksy water uit die rivier en n boorgatpomp, geskenk deur ons geliefde oogarts!!! Ink van Malalane van Mac het ook gekom!! Ons bid steeds vir sement, bakstene én 'n bouer. Ons glo dat ons Vader een of ander tyd sal verhoor!!

 

GESONDHEID: Ons dank die Here vir ons vriende/sendelinge wat na Covid 19 genees is en besig is om sterker te word. Ook studente met gewone ongesteldhede is beter! Bid asb vir genoeg krag want almal is moeg op hierdie stadium.

 

NUWE PERSONEELLID: Na sy kwarantyn en een week se werk is Victor weg...wil liewers elders werk. Ons is dankbaar vir  Rev Zodwa Mutau oud-student wat by ons aangesluit het in die kombuis. Sy hou van skoonmaak!!

 

VOORBIDDING: 

**Ons bid vir ons sendelinge en die Vervolgde kerk!

** Ons vra vir vrede, genesing en finansiële uitkoms vir ons families en ook vir elke student. Dank God vir elkeen wat studente aanneem en betaal vir hulle!!

** Takura, ons tuinier is weg na Zimbabwe na sy siek grootmaak-tannie. Asseblief bid vir hom en Dr Ian Chapotera  wat vashaak in Malawi!

** Ons smeek die Here vir vrede in ons land nav die opstande en onluste oral in Suid-Afrika. Mag siele gered en gedissipel word.

** Ons bid vir JOU wat hier lees. Mag die Here jou gee die begeertes van jou hart!

 

Met liefde en vreugde dat jy vir ons omgee!

 

Shai, Elreza en  die hele BBM familie!

"Deur te sien op die Kruis is daar Lewe en Heil!"

Webwerf: www.bbmission.co.za 

Tel +27 833 066 323

 

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies