Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

"Wees altyd bly! Bid gedurig! Wees in alle omstandighede dankbaar!"
Posted on Friday, 14 August 2020
 

 "Wees altyd bly! Bid gedurig! Wees in alle omstandighede dankbaar!" 1 Thes 5:16-18.

Wat 'n blydskap en vreugde om sovele Bybels langs my bed te mag hê, terwyl in vervolgde lande sommige gelowiges net een bladsytjie het! Kom ons bid vir hulle!!

 

**GEBED EN VASDAG: As BBM familie het ons op 10 Aug saam voor die kruis van Jesus gekniel en 'n dag van VAS EN GEBED deurgebring. Ons het gesluit met Nagmaal om 5nm wat, terwille van Vrouedag, in drie lokale deur dames gelei is. Die Here was met ons en ons glo dat ons deurgebid het. Dinsdag was daar groot vreugde en verligting in ons harte!

 

GROOT BLYDSKAP: Dr Ed Gross van Amerika het een student se noodkreet beantwoord deur die balans vir AL 22 finale jaars se Verblyf en Losies te betaal! Juigkrete het weerklink en sommige het trane afgevee. Vriende het saam bygedra!! Nou pleit en smeek ons vir sagte harte ook vir die baie eerste en tweedejaars wat net nie kan betaal nie. Kinderlik glo ons dat die God aan wie die "vee op duisend berge" behoort, ook die ander sal tegemoet snel en sal help. BID SAAM ASB!! Bid ook vir Prof Ed wat by die dood omgedraai het met 'n hartkrisis.

 

"WALKING ON WATER @ BACK TO THE BIBLE......

30 years of God's grace...." se tikwerk vorder. Elreza se oë kla net agv die stip kyk op die rekenaarskerm! Dink asb ook aan die uitputting van die oë!! Ons wil so graag die finale boek voltooid hê vir " Pastoral Commissioning " op 28 Nov 2020. Dankie dat jy saambid!

 

KURSUS: Ons is opgewonde oor 'n boer wat heel moontlik die kursus "Putting food on your table" vir ons finale jaars sal kom aanbied. Dit is uiters belangrik vir oorlewing vir elke student!!

 

BROOD: Dankie! Dankie dat ons ook hierdie week broodgeld van R500 van iemand kon ontvang! Dankie ons dierbare Here!!

 

KANADA WELDOENER: Ons is dankbaar-opgewonde dat 'n vorige dosent moontlik fietse vir die finale jaars en naaimasjiene vir die dames gaan skenk. Reëlings vorder!

 

2020 CD: Dit lyk tog asof ons moontlik vanjaar 'n CD sal kan vrystel!!  Ons soek nou liedere uit die vorige 12 CD'S en hoop dit sal verwerklik word! Bid asb saam. Hiervoor loof ons nou prysgeld uit vir die beste self gekomponeerde lied wat kan help met die skuld wat baie studente het!!

 

WEEKLIKSE HUISGODSDIENS: Dit bly 'n uitdaging om die Daaglikse Huisgodsdiens (Devotions) te reël want 75 plekke moet in drie lokale gevul word elke week vir preke, seremoniemeesters, sangleiers,  drie-in-een-gebede vir sendelinge, Skrif-memorisering en afkondiginge! Ons verlang dat alles net weer normaal sal word....

 

BIBLIOTEEK: Die voltooiing bly steeds 'n smeekgebed. Wat is ons Vader se tydsberekening?? Mag ons ore oop wees om die sagte stem van ons Meester te hoor en stiptelik te gehoorsaam! Tyd en ewigheid is in Sy deurboorde verbondshande!

 

SENDELINGE: Dit bly een van ons uitdagings om die lys van +- 370 aangeneem-vir-gebed sendelinge/versorgers se name, korrekte epos adresse, briewe, boodskappe, veilig by hulle voorbidders te besorg. Paulus het ook gepleit: "Broeders, bid vir my.....!!!"  

 

COVID 19: Vele van ons mense en sendelinge hét die virus opgedoen. Ons sê dankie vir genesings!! Kyk tog mooi na jouself! Ons is gereed om ook jou swaarkry en hartseer na Jesus te neem!

 

Vrede vir jou!!

Met liefde,

Almal, steeds ingehok by BBM, in die nou groen-wordende Vallei van Genade, Barberton, saam met Shai en Elreza. 

 

"JESUS IS DIE BEGIN EN VOLEINDER VAN ONS GELOOF!" Heb 12:2a

Webwerf: www.bbmission.co.za 

+27833066323

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies