Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

NOODKREET
Posted on Friday, 28 August 2020
 

 "Die bloed van Jesus Christus reinig ons van ALLE sonde!!" 1Joh1:7

 

NOODKREET!

Verlede nag 3vm het 'n groep van ses manne ingekom en aldrie koshuise se wasgoeddrade leeg gesteel! Een student oppad na die  badkamer, is gegryp en op sy knieë gedwing met 'n mes. Dank die Here dat toe hulle hom beveel om hulle te volg, hy blitsvinnig kon weghardloop!

 

Die feit dat hier gereeld beeste vanaf Sheba, die dorpie met 34 000 werklose mense langs ons, ons klein makadamia boompies, asook ons groentetuin verniel, maak 'n lemmetjiesdraad heining nou dringend noodsaaklik! 

 

Ons bid dat die Here self iewers op Sy wêreld een van Sy kinders se harte sal aanraak om ons te help beskerm.  

 

Dan dank ons weer eens ons Vader wat ons vertrou met amper 100 studente van 20 Afrikalande se mense om hulle veral deur middel van die Bybel voor te berei vir die ryp oeslande!! 

Ons loof die Here vir 'n finansiële geskenke vir brood wat verskeie mense kort-kort stuur.  Ook vir die groot wonderwerk wat gevolg het na 'n versoek van 'n student en 'n brief wat Shai geskryf het wat iemand se hart in Amerika geroer het en wat betaal het vir alle uitstaande skuld wat ons 22 derdejaars gehad het. Daar is nog 20 uit die 100 studente (1e en 2e jaars) wat nog nie die R5000 kon betaal nie en Maandag begin die eksamen! Sal jy asseblief saam neerkniel voor die Koning van die hemel aan wie al die goud, wilde en mak diere van die wêreld behoort, om weer eens vir ons te sorg?  Baie dankie! Ons glo 

" GEBED TOT DIE LEWENDE GOD VERANDER MENSE EN SAKE!!"

Ons sal saam loof en prys wanneer die deurbraak kom!!

 

Terwyl ons ernstig saambid vir ons families wat ook deur krisisse gaan en vir 'n veilige jaareinde...met, indien moontlik...'n oorwinnings jaareinde: "PASTORAL COMMISSIONING" lê ons doodstil in deurboorde hande wat ons versorg.

BAIE BAIE DANKIE ONS MEDE PELGRIM OP PAD NA DIE HEMELSTAD, VIR ALLES WAT JY VIR GODS KONINKRYK BETEKEN! ONS WAARDEER JOU EN WEET, JOU KROON WAG BY DIE HEMELPOORT!

" Vir sover jy dit vir een van die geringstes gedoen het, sê ons hemelse Vader, het jy dit vir MY gedoen."

Wat is jou krisis vandag? Ons kniel saam. Laat weet dat ons ook jou Aaron en Hur kan wees.

 

Met opregte DANKIE en innige liefde,

 

Shai en Elreza Mulder  en ons hele BBM familie...terwyl ons almal moeg is...sonder enige verlof hierdie hele lang Covit 19 epidemie jaar!

" Hou moed! Ek is met jou!" Jes 41:10 verseker die God van die heelal vir jou en vir ons!!

Webwerf: www.bbmission.co.za 

Epos: missionaries@bbmission.co.za Tel +27 833 066 323

Bankinfo: 

Back to the Bible 

FNB

Barberton

No 51600018323

Takkode: 270152

Swiftkode: FIRNZAJJXXX 

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa • 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies