Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

Moenie bevrees wees nie...
Posted on Friday, 04 September 2020
 

" Moenie bevrees wees, Ek is met jou! Kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God! Ek versterk jou, Ek help jou! Ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand!" Jes 41:10.

 

**VERJAARSDAG! Hierdie teks is een van Elreza se moeder Esperance Kelber wat in 1900 hier in die Vallei van Genade gebore is, se lieflingtekste.  Ons kon met groot dankbaarheid terugdink aan haar liefde vir die Here, vir sendelinge en vir verlorenes op hierdie Lentedag! Sy is gebore hier tussen Barberton en Kaapmuiden!!

 

**BIBLIOTEEK: Met groot vreugde het ons bakstene, sement, sand én 'n bouer uit die Here se hand ontvang om ons kapél in 'n volwaardige FRED KINNEAR Biblioteek te omskep. Ons bid nou vir vloerteëls en glo ons Vader sál dit gee!

 

**HEINING!!!! Ons bid saam vir 'n veiligheidsheining, nadat  ons vir die soveelste keer deur inbrekers oorval is. Hierdie keer het 6 gewapende mans al die klere van ons drie koshuis wasgoeddrade afgesteel. Ook die Makadamiaboompies het deurgeloop onder ons bure se beeste. Dis baie duur, maar ons Here weet hoe nodig ons dit het!

 

**EKSAMEN:  Tot ons groot blydskap het vriende en onbekendes bygedra sodat byna al ons studente nou kan eksamen skryf omdat hulle R5000 registrasiegeld per jaar betaal is. Daar is nog net 5 wat nie kan skryf nie, weens gebrek aan fondse!! Ons waardeer elke sent wat inbetaal word!!

 

**KAAPSCHE HOOP UITREIK: Wat 'n voorreg om weer by hierdie skilderagtige dorpie te preek in die kerk en in die hotel. Die engele het gesing toe Charity haar lewe aan Jesus Christus oorhandig het .

 

**HOSPITALISASIE: Ons onderhoudsbestuurder Martin Blignaut lê in die hospitaal in Pretoria met hartversaking. Hy verlang so terug na ons en ons mis hom! Mag hy gou gesond word!

 

**LENTEFEES: Dit was 'n vreugdevolle saamsing en "kreatiewe hoede" parade-aand by BBM. Almal het dit terdeë geniet! Ons BBM familie geniet almal die saamsing so baie! Ons oefen intensief vir ons 13e HERDENKINGS CD.

 

Baie liefde en baie dankie vir jou liefde en gebede en bydraes!! Ons volhard nou in gebed vir ons almal hier en veral vir ons kinders!

Shai en Elreza Mulder

shyriesmulder@gmail.com

Webwerf: www.bbmission.co.za 

"EK SAL JOU NOOIT BEGEWE OF VERLAAT NIE!" Heb 13:5.

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies