Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

EK SAL HULLE EEN HART
Posted on Saturday, 12 September 2020
 

" EK SAL HULLE EEN HART EN EEN WEG GEE OM MY TE VOLG...HULLE EN HULLE KINDERS!" Jer 32:39

 

Wat 'n troos dat die God van die eeue beheer neem van ons en ons kinders en van Back to the Bible Mission familie....ongeag wat in ons geliefde land Suid-Afrika en in die wêreld aangaan! God is die Rots van die eeue! Hy is ons Alfa en Omega. Sy deurboorde hande hou vas vir jou en my tot in alle ewigheid! Joh 10:28

 

BLYDSKAP: Ons Vader vervul ons lewens met soveel vreugde! 

** NUWE JAAR: Vandag is die Etiopiërs se Nuwe Jaar en bederf hulle ons hele BBM met allerlei heerlikhede....Etiopiese brood, anjera,  ook rys en bone, koeldrank!!...Ons leer by hulle om oop hande en harte te hê en vuriglik te bid!

 

**OFFERS: Die groot oproep om al ons studente in staat te stel om eksamen te kan skryf is beantwoord. BÁIE dankie vir elkeen wat gegee het!!! God sál jou seën vir jou sagte hart. Daar is nog 'n paar wat nog nie alles kon betaal nie. Verder het feitlik almal nou die universiteits-eksamen geskryf en word dit vandag aan gestuur. Bid asb saam dat alles gereed sal wees voor 28 Nov 2020.

 

** BIBLIOTEEK. Jy het saam gebid vir die kapél se verandering na die "Fred Kinnear Library/Biblioteek."  Ons juig oor die bakstene, sement en sand wat reeds hier afgelaai is. Die enigste bouer beskikbaar, is weer Desemba! Hy is nou besig om te bou! Asseblief bid vir die netjiese, spoedige voltooiing!  Ons pleit nou by ons Vader dat ons teëls kan bekom vir die vloer...seker R45 000! 

Loof die Here dat Martin Blignaut gister gesond terug gekom het om met die bouery leiding te neem!

 

** "PRAISE THE LORD" feesviering CD! Ons is dankbaar dat Eugene Pienaar spesiaal weer van Pretoria kom om die 30jarige fees CD op te neem.....die beste liedere van 30 jaar!!! Jy kan reeds bestel @ R100 elk plus posgeld. Dalk 'n goeie Kersgeskenk??? Baie dankie vir jou ondersteuning!!

 

**ONS WOLFHOND OORLEDE: Ons is hartseer dat ons getroue Duitse Herdershond, Daniël, van 14+ jaar oorlede is. Dankbaar dat hy in sy slaap weg is...en hy is begrawe onder die bome by die GEBEDSBOOM. Ons soek nou na 'n wit Wolfie, 'n tefie asseblief?? Kan iemand dalk help?? Ons is báie dankbaar vir Dawid, die lewendige, eenjarige wolf wat saam met Rebekka ons eerste linie van beskerming vorm!

 

**DISSIPELMAKING: Terwyl ons karakterbou en heiligmaking nastreef vir ons almal as personeel en studente, is daar maar altyd 'n enkele een wat nie ver en vinnig genoeg vorder nie. Bid asb saam vir een moeilike student!! Die manne moet straf uitdeel....en "mama" Elreza pleit dikwels vir genade! Wysheid is nodig!!

 

VAKANSIE - RUSTYD: Vandag sluit ons vir 2 weke, maar agv die grendelstaat kan slegs noodgevalle soos bv siekte, paspoortkrisisse, begrafnisse, ens. vir 'n rukkie gaan, terwyl die res van ons maar rustig sal aanhou werk....die "WALKING ON WATER AT BBM" boek moet klaar...ook die CD voorbereidings. Dankie dat jy ons dra met jou gebede. Ons sê baie dankie aan ons Vader vir jou omgee en liefde! Hou asb aan!!

 

Vrede vir jou en jou huis en jou roeping!

"SLEGS VERTROUE....DIT IS AL!!" Hou moed! Hou aan lofprysinge bring vir ons Verlosser!! Hy wag by die wenpaal met jou kroon!!

 

Opregte liefde

Ons almal by BBM....

Shai en Elreza Mulder 

shyriesmulder@gmail.com 

Webwerf: www.bbmission.co.za

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies