Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

DANKBAAR
Posted on Friday, 25 September 2020
 

*DANKBAAR!

Op 24 Sept dink ons terug aan die krisis in 2010 toe die hoofhuis, woonstel, kantore, garages en stoorkamers....24 vertrekke, by Back to the Bible....tot as verbrand het! Shai en ek het in ons hande gehuil....alles wat ons in 70 jaar bymekaar gemaak het...is verwoes! Ons Vader het menseharte aangeraak....en kom kuier gerus en kyk die wonderwerke  wat ons hemelse Vader hier by ons gedoen het...báie beter as ooit tevore!! Op die inwydingshoeksteen staan geskryf: Haggai 2:9 "Die heerlikheid van hierdie huis sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here, die Almagtige!"

 

**FEESVIERINGE: Ons is innig dankbaar vir ons 2 se huweliks herdenking op Maandag 28 Sept 1968....52 jaar van genade. Ons verneem van nog 2 egpare wat ook in hierdie September maand hùlle huweliksherdenking  by BBM vier....van Etiopië en Tanzanië! Daar gaan sekerlik roomys wees na die familie saameet Maandag!

 

**AFRICA MISSION CHURCH: Ons vier ook vir die 1e keer  sedert die grendelstaat almal saam kerk in die "Hallelujah Auditorium." Groot dank!

 

**FRED KINNEAR LIBRARY: Dit vorder fluks...en ons glo dat ons hemelse Vader die vloerteëls betyds sal voorsien.....dat ons op Saterdag 28 November sal kan inwy. Ons sal baie bly wees as iemand die tuine om die biblioteek kan kom uitlê.... Hier is heelwat plante wat mens kan oorplant...ons soek net 'n kundige met liefde vir tuinmaak....

Ons sien uit na Wim Swart, ons argitek, en sy vrou Estelle se besoek om te kom kyk hoe vorder ons!

 

** AFRICA 4 JESUS 13e CD: Ons sien uit na harde werk elke more vroeg om die liedere gereed te kry vir die CD opname 23/24 Sept deur ons vriend, Eugene Pienaar...net een maand van nou af. Dankie dat jy saambid!

 

**"WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE....30 years of God's grace" vorder fluks. Bid asb saam vir die groot taak om fotos uit te sorteer en alles te voltooi. Die boek moet  1 Okt versend word om betyds klaar te wees vir Nov. Weer eens steun ons op jou Aäron en Hur gebede! Jy is 'n steunpilaar vir ons. Mag God jou gebede verhoor!! Ons wil baie graag ook vir jou bid. Laat weet gerus met vrymoedigheid wat swaar op jou hart lê. Onthou Jesus se woorde: Mat 18:19 " Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry..."  Kom ons glo en doen dit!!

 

** FAMILIE: Kom ons dra mekaar met ons families aan die Here op...vir ons kinders en kleinkinders se finansies, gesondheid, huwelike, lewensroepinge en veral hulle "wandel met God!". ...dat ons die God van Jakob....ook óns God, smeek én vertrou vir Sy versorging en uitkoms in krisistye en gebeure! Mag al ons familielede  die groot ewigheidsgeskenk van die wedergeboorte ontvang uit die Here se hand en dit uitlewe, is die belangrikste smeekgebed!!

 

**GESKENKE: Ons bekers loop oor vir elke bewys van Gods liefde....kos...mieliemeel het weer opgedaag...aartappels en uie van Nelspruit....geel, rooi en oranje tamaties van die plaas...kool en spinasie uit ons eie tuin omdat die rivier water het ..... klere...al is dit tweedehands....linne...

komberse....potte en panne...Alles is baie welkom!....liefde onder mekaar...fondse deur vriende inbetaal: BAIE BAIE DANKIE!!

 

** GENADE: Elreza het heerlik by haar enigste sussie Barbara en Fanie Schoonees gekuier die week te Bloemfontein. Sy is bederf en geseën...Elke aand om 8nm kon die drie Kelbers: Johannes te Pretoria en die twee sussies saamsing oor die telefoon en saambid....wat 'n vreugde voorreg!!! Kom ons geniet en waardeer mekaar!!

Mag die oorvloedige genade met jou en joune wees!!

 

Met liefde!

Almal by Back to the Bible Mission in die Vallei van Genade tussen Barberton en Kaapmuiden en Shai en Elreza Mulder. 

Webwerf: www.bbmission.co.za 

+27 833 066 323

missions@bbmision.co.za

shyriesmulder@gmail.com 

"AAN HULLE VRUGTE SAL JULLE HULLE KEN!" Mat 7:16

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies