Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

"EK DANK MY GOD ELKE MAAL AS EK AAN JULLE DINK!" Fil 1:3
Posted on Thursday, 01 October 2020
 

"EK DANK MY GOD ELKE MAAL AS EK AAN JULLE DINK!" Fil 1:3"EK DANK MY GOD ELKE MAAL AS EK AAN JULLE DINK!" Fil 1:3

So begin Paulus sy brief aan sy geliefde Filippense, en dan vers 4:

"EN EK BID ALTYD IN AL MY GEBEDE VIR JULLE ALMAL MET BLYDSKAP."

Vers 4 kan ons nie met eerlikheid sê nie....maar vers 3 is waar! Ons loof die Allerhoogste God diep uit ons harte vir JOU wat hier lees! Dankie vir jou saamstap, saambid, saam beleef die afgelope korona-jaar wat nou ten einde snel!

Jy, ons mede-geloofstryder, ons broer en suster-in-verdrukking op sovele maniere, IS BÁIE KOSBAAR VIR ONS 2 EN VIR BBM en bo alles VIR DIE HERE!!

 

ONS LOOF DIE HERE VIR:

 

** ARGITEK BESOEK: Wim en Estelle Swart het kom kuier en ons geliefde argitek ...van "New Jerusalem," "Hallelujah Auditorium," en nou weer die "Fred Kinnear Library" opgraderings waarvoor ons innig dankbaar is, het goeie advies gegee. Ons het oorweeg om die vloer slegs te pleister, sonder teëls, maar die vloer is te ongelyk daarvoor. Daarom buig ons weer ons koppe en harte in kinderlike geloof ...vir vloerteëls....Ons het 'n kwotasie van R35000 met heelwat afslag, wat binne 3 dae verval!

 

**DIE BOEK: WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION: (Small) Paul & Vickey Young wat vanmore met sy kunstige teken kryt-boodskappe hier optree, het die boek geproef-lees en het waardering daarvoor! Suzette Theron ons Gebedsvriendin,  het ook die taal en spelling nagegaan en deeglik gekorrigeer. Daar is egter nog báie harde werk wat voorlê! Asseblief,  sal jy saam intree vir die voltooiing en wysheid en insig om dit volgens God se begeerte betyds klaar te maak? Baie dankie!! Dit moet einde Oktober ingegee word by Groep 7 se : druk op aanvraag-bestelling.

 

**52 STE HUWELIKSHERDENKING! Wat 'n vreugde en eg Afrika-fees soos slegs BBM kan feesvier, was dit nie!! Shai en Elreza het die blydskap, waardering,  sang, gelukwense só inniglik geniet! Alle getroudes...met of sonder hulle huweliksmaats, moes staan en 'n spesiale gebed is vir ons almal gedoen! 'n Toneelstuk, koorsang en heerlike hoender, rys en roomys was deel van die feesvieringe! (Sendelinge mag ook soms roomys geniet....)

 

**ALMAL VAN BBM BYMEKAAR! Na die steeds streng toepassing van afstand behou en al die Kovid 19 reëls, was dit 'n groot lekkerte om as een groot familie uiteindelik weer op Sondag saam in die Hallelujah Auditorium byeen te wees! Shai moes 14 studente per kombi na die begrafnis van 'n geliefde en baie behulpsame  biskop neem. Die drie aparte "MORNING DEVOTIONS" elke môre is nou verby...en ons almal bid steeds dat dit so kan voortgaan!!

 

**INBETALINGS: Elke môre nadat ons 2 Stiltetyd gehou het, lees Shai vir Elreza  die inbetalings van die dag! Sommige is gereelde aftrekorders, sommige eenmalige geskenke. Ons kniel in dankbare aanbidding voor ons Vader wat elke mossie...en ook vir ons... versorg! BAIE BAIE DANKIE!! Die ESKOM rekening was skokkend hoog dié maand: R25 000!! Water en elektrisiteitsbeheer vind baie streng plaas....onbetaalbaar duur! Mag ons Vader ons genadig wees!

 

**AFSLUITINGSFUNKSIES: 2020 snel nou teneinde! 28 NOV is ons "PASTORAL COMMISSIONING " en ons bly vertrou op ons hemelse Vader vir die suksesvolle beëindiging vir ons 23 Finale jaars se studie-jare! Hy ken élke uitdaging in hierdie onsekere tyd!! Ons weet nie of ons nuwe ( en ou!!) studente sal kan verwelkom a.s. jaar nie! Ons vertrou so! Ons " honorable member of Kenya" Rev Bridget Munyasia probeer haar bes met toelatings vir 2021. Asb bid en vertrou saam met ons!?

 

**DANKIE BLOEMFONTEIN KUIER: Elreza kon heerlik by haar enigste suster Barbara en Fanie Schoonees gaan kuier. Sy is oorlaai met liefde en hartlikheid! Een groot  blydskap  was die saamkuier en saamsing en bid saans oor die telefoon van die drie Kelbers: Johannes ( aftree oord Pretoria) en Elreza en Barbara in Bloemfontein...kosbare herinneringe van hoe ons in 'n singende, biddende huis groot geword het!!

 

**"PRAISE THE LORD" CD: 

Op 23 en 24 Okt word ons 13e feesuitgawe CD DV opgeneem deur Eugene Pienaar. Dink asb aan ons met elke môre se oefeninge! Báie dankie dierbare voorbidder-vriend!!

 

**SIEKES: Ons dink met liefde aan al ons familie en vriende wat siek is...kanker... operasies...ouderdomspyne en -knoppe...Mag die Here ons almal dag na dag dra!

 

Met innige liefde en onthou jou gebedsversoeke is welkom! Ons dra dit saam na Jesus se voete!

Oppad na die ewige Jerusalem! Houvas aan Sy deurboorde hande! Hy sal jou nooit laat val nie!

 

Vrede en vertroue!!

Shai en Elreza en  ons almal by BBM.

Epos: missionaries@bbmission.co.za shyriesmulder@gmail.com 

Webwerf: www.bbmission.co.za  (dankie aan Ben Theron!!)

Tel: 0833066323

Kantoor: 0633367046

 

Bankinfo op versoek:

Back to the Bible

Barberton

Tjekrekening 

FNB

No 51600018323

Takkode: 270152

Swift kode: FIRNZAJJXXX

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies