Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

"AAN MY IS GEGEE ÁLLE MAG IN HEMEL EN OP AARDE!"
Posted on Friday, 09 October 2020
 

Mat 28:18 "AAN MY IS GEGEE ÁLLE MAG IN HEMEL EN OP AARDE!" Glo jy dit? Kom ons vat hande en bid vir meer geloof en vertroue ook in die donkerste nag!!

 

DANKIES:

**HEERLIKE REËN: Sagte deurdringende reën en koel weer....en sagte pienk rose in die tuin en pers, oranje en pienk bougainvilleas blom oral hier in die Laeveld by BBM!! Te mooi!! 

 

** CD OEFENINGE: By elke geleentheid oefen ons so hard ons kan: "PRYS DIE HEER! PRYS DIE HEER! LAAT DIE AARDE GETUIG!" En ai, hoe sukkel hulle om ' getuig' en 'juig' reg uit te spreek...."DIE HERE IS MY HERDER..."  "TIS SO SWEET TO TRUST IN JESUS" ens. ens. Bid asb saam vir die afronding... harde werk. Opname 23 Okt!!

 

**WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE - boek: Ons jaag resies om pragtige kleurfotos, ook hartroerende getuienisse netjies en reg in te korporeer in dié boek, wat ons baie graag gereed wil hê vir ons finale jaars voor hulle vertrek. Ons SR Voorsitter...13 jaar oud...toe word sy pa en ma voor sy oë doodgeskiet in Liberië!!! Hy't wraak gesweer.. totdat hy JESUS ONTMOET  HET!!!" Bid asb saam vir die voltooiing van die boek!

 

** 'SMALL' PAUL YOUNG: het weer eens ons harte geraak met sy kleurkryt skilderye terwyl hy die Woord verkondig. En sy vrou:

 

**VICKY YOUNG: was 26 toe sy met hom, 'n 44jarige sendeling getrou het! Sy het ons dames se harte getref toe sy ons toegespreek het oor angs en vrees en hoe om dit te oorwin! Natuurlik.. deur ons Here Jesus en Sy Woord: "MOENIE BANG WEES NIE! EK IS MET JOU!!"

 

**PERSONEEL VERGADERING: Ons moes elkeen sê watter        "high and low lights" het ons die afgelope tyd beleef. Patience wat in ons huis help, het onmiddellik geantwoord: "My husband is my highlight!!" Hoe oulik!!  

 

** FRIEND RAISING: Elreza kon aan die hand van Dr Chris Steyn se lesing ons aandag daarop vestig: Jou eie aandeel is om te bid, te gee en te kommunikeer, terwyl jy moet fokus op ander deur waardering dmv klein geskenkies, gereelde omgee en getuienis-briefies, voorbidding in nood. Ons betaal R250 vir elke student wat een ander student bring! Ons bid nou van harte vir a.s. jaar se studente!!

 

** "STRESS HANDLING": 'n 2e jaar, Aaron Chomo, van Tanzanië het hieroor gepreek: *Kies een baas...niemand kan 2 here dien nie: kies Jesus!!

*Weier om te bekommer!

*Prioretiseer Koninkryksake!

 

**NAGMAALVIERING:  Die derdejaars het die afgelope week by Shai klas gehad oor Sakramente en Begrafnisse. 'n Treffende "prakties" is deur ons derdejaars tydens nagmaal aangebied....binne 7 weke is hulle weg...die sendingvelde van Afrika in! Mag die Here hulle gebruik!!!

 

NUWE STUDENTERAAD: Bid asseblief saam met ons vir die God-gekose twaalf nuwes wat binnekort gekies gaan word! Ons bid ook vir ons en Afrika landsgrense om oop te wees dat almal huis toe EN TERUG!!! kan kom! 

 

**BIBLIOTEEK-TEËLS: Ons moet nou stuk-stuk afbetaal aan die pragtige teëls wat ons argitek Wim Swart vir ons uitgekies het. Wil jy nie dalk 'n paar teëls help betaal nie? Ai man, ons sal die Here loof en prys daarvoor!!

 

**VREDE IN SUID-AFRIKA: Ons smeek die Here vir vrede in ons mooi land...Mag God ingryp is ons ernstige gebed!!

 

Jou versoeke is HARTLIK WELKOM! "Waar twee van julle hsaamstem oor enige saak...sal Ek dit gee..." Mat 18:19.

 

Met liefde en uitsien na VRYDAGAAND 20 NOV 7nm se laaste GEBEDSVENNOTE AAND hierdie jaar in Pretoria.

Met liefde en gebede!

 

Shai en Elreza Mulder én BBM mense 

shyriesmulder@gmail.com

admin@bbmission.co.za 

+27 833 066 323 

Webwerf: www.bbmission.co.za 

"AAN HULLE VRUGTE SAL JULLE HULLE KEN!" Mat 7:16

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • South Africa


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies