Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy.
Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreen,
Hy sal ons verkwik soos lentereens die grond verkwik. - Hosea 6:3
DIE KONING SE DONKIE
Ons leef en dien in Christus-sekerheid

KONTAK ONS seker7seker@gmail.com
Welkom by 'n Skrifgefokusde bestemming vir Bybelstudies, boeke, videos en groei.
Welcome to a Scripture-focused destination for Bible studies, books, videos and growth.
MENU KIESLYS EDITORIAL REDAKSIONEEL BOOKS BOEKE
 TUIS
 HUB & SPILPUNT
 - SENDING
 - BEDIENINGE
 BOONTOE
 BOEKWINKEL
 VIDEO'S
- MUSIEK
- LIG & SEKERHEID
- BLOEDFAMILIE
 VERNIET
 NUUS
 GPS NA INFO
- WIE IS ONS
- WAT GLO ONS
- ME SKANDALIZO HANDELSMERK
- PAYFAST & REGISTRASIE
- JURIDIESE JAZZ
 SEKER PRODUKSIES
 ONVERWAGS
Maretha Blog
 
Vandag kan anders wees. die uitgewersmaatskappy met boeke en Bybelvertalings wat jou hele lewe aanraak.
Nuut op die Tuiste

WEES STERK EN WERK
Posted on Thursday, 15 October 2020
 

Haggai 2:4

"Wees sterk en werk; want Ek is met jou, sê die Here van die Leërskare.""Wees sterk en werk; want Ek is met jou, sê die Here van die Leërskare."

 

**LOFPRYSING: Die Here het die afgelope weke twee manne in Med B Gevangenis gered: Ben en Godfrey en vandag neem ons twee Bybels vir hulle: Engels en Zulu. Ons is bly ons hét Bybels vir hulle vandag! Ons bid vir nog Bybels! Dis wonderlik hoe die Here vir hulle 2 dissipelmakers gestuur het wat saam met hulle stap!!

 

**BESOEKERS: Ons loof ons Vader vir 'n oud-student van 2010 Stead Kaunda wat sy vrou en kindjie kom wys het en sy boek kom bekend stel het. 

Ons argitek Wim Swart en twee vriende kom vandag kyk hoe vorder die Biblioteek! Ons waardeer vriende wat kom kuier. Hulle word goed gesaniteer by die hek en moet maskers aan hê. Een buurman het 'n werker gestuur en vir ons chemikalië vir ons klein makadamias belowe!!!! Dankbaar!!!!!

 

**TRAKTAATJIES: Ons het Skrif traktaatjies by All Nations Publishers gekry en ons kon gister orals uitdeel...by die regeringsman wat die hondsdolheid inspuitings toegedien het....by die manne langs die straat waar ons die herstelde band by Japie van S&J kon gaan haal. Mag die Here dit gebruik!!

 

**RUSLAND: Dié week bid ons vir Rusland volgens Operation World, spesiaal ook vir ons 2 sending gesinne daar: Colin& Bron Cleaver en Riko en Mariana Vivier van Siberië. Elke more bid ons as BBM gesin vir al ons sendelinge. Ons glo: "PRAYER TO THE LIVING GOD CHANGES THINGS AND PEOPLE!"

 

**WALKING ON WATER AT BACK TO THE BIBLE MISSION: Dankie dat jy saambid vir hierdie boek met die baie wonderwerke en getuienisse o.a. ook wat seer oë veroorsaak en ure se harde werk!! Ons vorder....amper-amper klaar!!

 

**PRYS DIE HEER! PRYS DIE HEER! NUWE CD: Ons werk nou báie hard en steun op jou gebede. Almal het maskers aan en hande word gesaniteer en temperatuur word gemeet....Ons is SO opgewonde. Shai sê: die beste koor ooit!!

 

**SANTIE TYRER: Met groot dank kon ons weer by hulle plasie by Nelspruit gaan kos oplaai! Die Here sorg vir ons!!

 

**VRYDAG BOODSKAP: "God gives us songs in the night" was ons boodskap en dit het ons harte geraak.

 

**2 BAKKIES HEELGEMAAK: Ons is dankbaar dat albei ons stukkende bakkies weer loop....ons finale jaar Robert Moffatt is 'n werktuigkundige wat hulle herstel het. So jammer hy maak nou klaar!!

 

Baie liefde en deursettingsvermoë bid ons vir jou en joune!! Spesiaal dankie vir jóú gebede en ondersteuning!!

Ons Koning is op pad! Laat ons lampe brandend bly!

Shai en Elreza Mulder en almal by BBM

Webwerf: www.bbmission.co.za

 

Valley of Mercy • Barberton, Mpumalanga 1300 • 


Terug na argief

   
Lees meer...

    DIE EVANGELIE VIR DIE KERSTYD!   DIE LAM is
Lees meer...

WAY BETTER THAN POPCORN. Hendrik Rocher’s testimony: On Mother’s Day 2002 God sav
Lees meer...

DIE KRUISKONING deur Maretha Maartens. Hierdie Evangeliese toneelteks handel oor die aardse bedie
Lees meer...
Winkel
      Tuis | Blaaier | Kontak Ons    |    Vrywaring | Privaatheidsbeleid | IBS | Webmeester
© 2020 Seker.co.za
Chillies